Hoe groter die fanfare, hoe groter die verwagting.
Taiye Selasi (1979) se debuutroman, Ghana Must Go, was die onderwerp van so ’n hype nog lank voordat haar boek die lig gesien het. Toni Morrison, haar mentor, en Salman Rushdie, wat die boek besing, haar studies aan die Yale-universiteit en dié van Oxford wat sy cum laude geslaag het en haar insluiting op Granta se lys van 20 beste outeurs het die verwagtinge van die roman swaar belas. Iets wat ’n mens amper nie ’n debuutskrywer toewens nie.
Boekbesonderhede
- Ghana Must Go deur Taiye Selasi
EAN: 9780670919864
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!