Teen dié tyd klink dit dalk asof Roar of the African Lion meestal gal braak. Maar dit is beslis nie die geval nie.
Die uiteindelike boodskap, hoewel dit ’n vermaning is, is eintlik positief: Slawerny en kolonialisme behoort tot van die verlede. En vir die eerste keer in ’n lang tyd is Afrika in ’n posisie om iets aan sy eie heil te doen.
En mense in Afrika kán hulself bemagtig.
Boekbesonderhede
- Roar Of The African Lion deur Chika Onyeani
EAN: 9781868426744
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!